Eerste Konsilie van Konstantinopel

Eerste 7 ekumeniese konsilies

1. Nicea I (325)
2. Konstantinopel I (381)
3. Efese (431)
4. Chalcedon (451)
5. Konstantinopel II (553)
6. Konstantinopel III (680681)
7. Nicea II (787)
Aanvaarding deur kerke

1-2: Assiriese Kerk;
1-3: Oriëntaal-Ortodoks;
1-4: Anglikaans, Luthers, Calvinisties, Protestants;
1-7: Rooms-Katoliek, Oosters-Ortodoks

Die Eerste Konsilie van Konstantinopel word as die tweede ekumeniese konsilie erken deur alle moderne Christelike kerke. Dit was die eerste ekumeniese konsilie van die Christelike kerk in die Romeinse Ryk wat in Konstantinopel gehou is en is in 381 byeengeroep deur Theodosius I. Die konsilie het die geloofsbelydenis van die Eerste Konsilie van Nicea bevestig en het ook oor onderwerpe gehandel soos arianisme (die geloof dat Jesus en die Heilige Gees deur God geskape is en dus ondergeskik aan Hom is).

Pous Damasus I is óf nie genooi nie óf het geweier om dit by te woon, en daarom is dit soms die "onekumeniese konsilie" genoem. Tog is dit in 451 by die Konsilie van Chalcedon as ekumeniese konsilie bevestig.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search